Covid-19: Nuutste syfers

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister deur dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, bekendgemaak.

Ná die laaste aankondiging op 13 Junie het die aantal gevalle met 4 302 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 70 038 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.

Die land se sterftesyfer staan op 1 480 en 38 531 persone is al van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 1 121 958 toetse vir Covid-19 doen.