KIMBERLEY – “Ag, as ek moet wag tot iemand hier opdaag om dit te doen, sal dit nooit gedoen word nie. Ek doen dit sommer self,” sê Estelle Kotze (71), terwyl sy met ‘n graaf die spoelgrond in Blackingstraat voor haar huis verwyder.
Kotze sê sy het die munisipaliteit telkemale probeer bel oor die grond wat so in hope voor haar huis lê.
“Die onlangse reën laat lê al die spoelgrond hier in my straat. Wanneer ek die munisipaliteit bel en vra om dit te kom verwyder, sê hulle bloot daar is nie genoeg werkers om dit ook nog te kom doen nie.”
Sy sê dit het haar twee weke geneem om te vorder tot waar sy nou is. “En kan jy dit glo, ek word glad nie moeg nie!”




