Twee in hegtenis na diefstal van motor

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Barkley Wes het gister twee vermeende diewe in hul spore vasgekeer.

‘n Honda Civic is Vrydag 12 Junie in Kimberley gesteel. Die motor is op die grondpad tussen Barkley en Winsorton opgemerk.

Twee manlike verdagtes, onderskeidelik 20 en 21 jaar oud, is vanoggend 13 Junie in hegtenis geneem toe hulle in die gesteelde voertuig gery het.

Die verdagtes verskyn binnekort in die landdroshof in Kimberley.