Seun (12) sterf na hy by die skool siek raak

Deel hierdie storie / Share this story

’n Leerling (12) aan Laerskool Kokosi op Fochville is Donderdag oorlede na hy by die skool siek geraak het.

Panyaza Lesufi, LUR van die departement van onderwys in Gauteng, het in ’n verklaring gesê die seun het nie lekker gevoel toe hy Donderdag by die skool aankom nie en is in ’n isolasiekamer geplaas. “Toe die skool se veiligheidskomitee besef dat sy toestand nie verbeter nie, is sy ouers gekontak en daar is met hom na die plaaslike hospitaal gejaag. Die seun is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.”

“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om nie afleidings te maak oor wat die oorsaak van die seun se dood is nie,” sê Lesufi.