Reuse-pylinkvis op Kaapse strand uitgespoel

Deel hierdie storie / Share this story

’n Reuse-pylinkvis het Sondag op Brittaniabaai uitgespoel.

Klik hier om die video te kyk.

’n Paar interessante feite oor die pylinkvis

’n Baie groot pylinkvis se oë is byna so groot soos sokkerballe.

Die vroulike pylinkvis is oor die algemeen ongeveer twee keer so groot soos ’n manlike pylinkvis.

‘n Reuse-pylinkvis kan so groot word as 13 m.

’n Analise wat in 2013 gedoen is, het voorgestel dat die Architeuthis duxis die enigste spesie van hierdie pylinkvis is. So blyk dit uit ’n vergelyking van 43 eksemplare van regoor die wêreld.

’n Reuse-pylinkvis wat in 1968 in Kanada uitgespoel het, het ’n gedeeltelik herstelde tentakel gehad. Tentakels kan dus vanself herstel.