Sagopoeding – Resep

Deel hierdie storie / Share this story

Maak ’n lekker warm sagopoeding wat jy voor die kaggelvuur kan verorber.

Bestanddele:

250 ml sago

1 l melk

4 goed geklitste eiers

5 ml vanieljegeursel

1 ml sout

150 ml suiker

30 ml botter

45 ml appelkooskonfyt

Metode:

Week sago in koue water vir ‘n uur. Verhit melk, botter, suiker en sout. Roer sago in. Verminder hitte en hou aan roer tot sago gaar is. Verwyder van hitte. Voeg eiers en vanielje by. Skep in gesmeerde oondbak. Plaas in die oond en bak teen 180°C vir 45 minute tot gaar. Wanneer dit gaar is, maak die konfyt warm en smeer dit oor die nagereg. Bedien saam met vars room, vla of roomys.