Nuutste koronasyfers in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister deur dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, bekendgemaak.

Ná die laaste aankondiging op 8 Junie het die aantal gevalle met 2 430 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 55 421 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.

Die land se sterftesyfer staan op 1 210 en 31 505 persone is al van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 998 400 toetse vir Covid-19 doen.