Nuutste gevalle in die Noord-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is nou ’n totaal van 125 bevestigde gevalle van Covid-19 in die Noord-Kaap, waarvan 42 van die virus genees is en een oorlede is. Daar is dus 82 aktiewe gevalle in die provinsie.

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gister nóg vier gevalle van die virus in die provinsie bevestig.

Een van die gevalle is ’n vrou (49) wat in die ZF Mgcawu-distrik woon.

Een is ’n 53-jarige vrou wat in die Frances Baard-distrik woon.

Een is ’n 18-jarige vrou in die Pixley ka Seme-distrik.

Gevalle volgens distrik

Pixley ka Seme-distrik – 48

Namakwa-distrik – 4

ZF Mgcawu-distrik – 18

Frances Baard-distrik – 49

John Taolo Gaetsewe-distrik – 6