Daar is nou ‘n totaal van 122 bevestigde gevalle van Covid-19 in die Noord-Kaap, waarvan 41 van die virus genees is en een oorlede is. Daar is dus 80 aktiewe gevalle in die provinsie.
Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gister nóg sewe gevalle van die virus in die provinsie bevestig.
Een van die gevalle is ‘n 30-jarige man wat in die John Taolo Gaetsewe-distrik woon. In die Frances Baard-distrik is ‘n 59-jarige man wat positief getoets het. Vyf van die gevalle – ‘n 16-jarige meisie, ‘n 17-jarige seun, ‘n 37-jarige man, ‘n 45-jarige man en ‘n 81-jarige vrou – woon in die Pixley ka Seme-distrik.
Gevalle volgens distrik
Pixley ka Seme-distrik – 47
Namakwa-distrik – 4
ZF Mgcawu-distrik – 17
Frances Baard-distrik – 48
John Taolo Gaetsewe-distrik – 6



