Nuutste koronasyfers in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister deur dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, bekendgemaak.

Ná die laaste aankondiging op 7 Junie het die aantal Covid-19-gevalle met 2 594 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 50 879 gevalle in Suid-Afrika.

Die land se sterftesyfer staan op 1 080 en 26 099 persone is al van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 943 059 toetse vir Covid-19 doen.