Daar is nou ‘n totaal van 118 bevestigde gevalle van Covid-19 in die Noord-Kaap, waarvan 41 van die virus genees is en een oorlede is. Daar is dus 76 aktiewe gevalle in die provinsie.
Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gister nóg vier gevalle van die virus in die provinsie bevestig.
Een van die gevalle is ‘n vrou (24) wat in die ZF Mgcawu-distrik woon.
Daar is ook drie gevalle van die Wes-Kaap wat verkeerdelik in die Noord-Kaap aangemeld is.
Gevalle volgens distrik
Pixley ka Seme-distrik – 42
Namakwa-distrik – 4
ZF Mgcawu-distrik – 17
Frances Baard-distrik – 47
John Taolo Gaetsewe-distrik – 5
Onbekend – 3



