KIMBERLEY – Laerskool Staats het vandag sy graad 7-leerlinge by die skool terugverwelkom. Dié laerskool gehoorsaam ook die streng maatreëls en riglyne wat ‘n vereiste was vir die heropening van skole.
Danika Meyer, hoofmeisie van Laerskool Staats, vertel hoe haar eerste dag terug by die skool was.
“Dit was baie lekker om almal weer te sien. Dit was ook baie vreemd. Die hele proses waardeur ons moet gaan, sal maar ‘n rukkie neem om aan gewoond te raak,” sê sy.
Sy vertel hoe sy en haar vriende pouses elkeen in ‘n afgemerkte area moet sit. “En maak nie saak wát nie, ons moet aanhoudend ons hande saniteer.”
“Die skoolwerk is gelukkig nog dieselfde. Dis net die onderwysers wat klasse wissel, en nie die leerlinge nie. Ek is positief oor die akademiese jaar,” sê Meyer.







