Boere lewens maak saak

Deel hierdie storie / Share this story

Die bekende sanger, Appel, het met ‘n bewusmakingsveldtog oor plaasmoorde op Instagram begin.

Dit volg direk na die wrede aanval op Schalk Coetzee (64) en sy vrou, Lana (63), op hul plaas in Reivilo, Noord-Wes, die afgelope naweek.

Vyand besig soos brullende leeu

Appel sê hy steek ‘n kers aan vir elke plaasmoord en aanval. “My hart trek swaar, ek glo ook elke lewe maak saak, ek voel ook mens moet opstaan vir geregtigheid. As jy vir niks staan sal jy vir alles val. Die oorlog is op die einde van die dag nie tussen wit en swart of vlees en bloed nie, maar wel tussen goed en sleg of reg en verkeerd. Ek hoop elkeen wat hierdie lees word oorval met wysheid en onderskeid dat jy kan sien die vyand is besig om soos ‘n brullende leeu rond te loop en hy saai verwoesting en skeiding waarokal hy gaan. Mag die oogklappe afval. Dit is my gebed vir ons land. Selah.” Hy het die hutsmerke #Godseënafrika #boerelewensmaaksaak #joulewemaaksaak gebruik.

Inskrywing geloof

Kort daarna het Angelique Gerber sy inskrywing geloof en gevra of ander bekendes ook sal volg. Verlede week het bekendes van regoor die wêreld hulle Instagram-profiele swart gemaak, ter ondersteuning van die #blacklivesmatter-veldtog. George Floyd (46) se dood in Amerika het protesaksie teen rassisme in verskeie state en lande laat ontstaan.

Dit gaan oor wat reg is

Gerber sê in haar eie inskrywing sy wil sien of dit ook sal versprei word. “Ek wil sien of hierdie ook so versprei gaan word en op plaaslike celebs se profile pics en sosiale media platforms gedeel gaan word soos hulle Amerika se hartseer deel??? Die hele week al breeeeeeek my hart vir ons boere, en ek worstel so diep binne my dat ons nie dieselfde kan doen vir ons eie mense wat vermoor word nie? My bors trek toe soos ek die skryf want ek weet dat ek weet dat daar mense die gaan lees en vir my sê (of dink), maar Angelique ons spuit die huis nat wat brand…. WEL ONS BOERE BRAND!!!!!!! WAAR IS JULLE PROFILE PICS EN POSTS AS DIT BY PLAASMOORDE KOM?
Wanneer kan ons almal (wit, swart en bruin) saam staan vir dit wat REG is??? Hierdie gaan nie oor kleur nie, maar oor wat reg is soos Appel sê.
Ek gaan nie my tyd mors om geskiedenis boeke te gaan lees om te probeer verstaan waarom ons boere so vermoor word nie! DIS VERKEERD PUNT! En ek sal dit nooit aanvaar as reg of dis maar as gevolg van apartheid nie. Ek is vir almal, wit, swart en bruin. Ek sou presies dieselfde post gemaak het as dit met enige ander ras gebeur het in ONS land. Dit belowe ek jou!! Ek is ‘n eerlike en regverdige mens en sal veg vir wat reg is, al kry ek labels of word aangevat, ek sal vir enige iemand veg as ek sien hulle word te na gekom maak nie saak wat hulle vel kleur is nie. Ek is so lief vir Suid Afrika, dis MY land ook en dit voel asof ek geen sê meer het nie, want ek is deel van die mindere wat uistpraak maak hieroor. En dis verkeerd! Staan vir wat reg is.
Asseblief, share hierdie en kom ons ondersteun ons boere en help waar ons kan en wys dat ons hulle ook raak sien!??” Sy het die hutsmerke #boerelewensmaaksaak en #blm gebruik.

Gerber het 121 000 volgelinge en Appel het 34 000. Hy is bekend vir die liedjie “Boer loop deur my are”.

https://youtu.be/gSrMYIjHnwY