Premier gaan heropening van skole kontroleer

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, sal Maandag 8 Junie skole besoek om te verseker alles loop glad op die eerste dag wat skole weer oopmaak tydens die nasionale inperking.

Mack Jack, LUR van onderwys, sê die leerder se veiligheid is top prioriteit. “Ons het onsself tevrede gestel die belangrikste kwessies wat as ’n basis vir gereedheid geïdentifiseer is, is goed aangepak en aangespreek.”

Skole ontvang veiligheidstoerusting

Items vir die basiese higiëne-pakke bevat vloeibare seep, handontsmettingsmiddels, chirurgiese handskoene, beskermende gesigskerms, lapmaskers, plastiese voorskote, ontsmettingsmiddels en termometers.

Al die skole het hul basiese higiëne-pakkette ontvang. Daar is voorsiening gemaak vir noodhigiënepakkette. Dit is beskikbaar vir distrikte om skole te help wat op enige gegewe tydstip aanvullings benodig.

Gesigsskerms is aan alle opvoeders, VKO-praktisyns, werkers wat kos hanteer en gehoorgestremde leerders in spesiale skole voorsien.

Tuisonderrig

Ouers wat wil tuisonderwys gee, moet dit registreer deur by die departementshoof aansoek te doen. Ouers kan slegs vir hulle eie kinders aansoek doen en nie dié wat vir ander mense se kinders wil tuisonderrig gee nie.