Plaasaanval op Reivilo

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-WES – ’n Paartjie is vanoggend op hulle plaas buite Reivilo, Noord-Wes aangeval. Beide is ernstig beseer en is in die hospitaal opgeneem. Die verdagtes het weggekom met die paartjie se Nissan X-trail.

Lize Smit, distrik koördineerder van Afriforum in die karoo, het aan FiND iT bevestig die paartjie is op hulle plaas aangeval. “Dit is vir ons bitter hartseer dat mense, veral in hierdie tyd, op hulle plase aangeval word. Die paartjie is in die hospitaal opgeneem en ons sal in kontak met hulle bly om ondersteuning te bied so vêr soos wat ons kan.”

Smit sê daar is ’n arrestasie gemaak, maar meer inligting is nie op hierdie stadium beskikbaar nie.

FiND iT het navraag by die Reivilo-polisie gedoen en wag vir terugvoer.