Daar is nou ‘n totaal van 102 bevestigde gevalle van Covid-19 in die Noord-Kaap, waarvan 35 van die virus genees is en een oorlede is. Daar is dus 66 aktiewe gevalle in die provinsie.
Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gister nóg sewe gevalle van die virus in die provinsie bevestig.
Een van die gevalle is ‘n 37-jarige man wat in die Frances Baard-distrik woon. Die tweede geval is ‘n 65-jarige man wat in die ZF Mgcawu-distrik woon. Nog een van die gevalle is ‘n 74-jarige man wat in die Pixley ka Seme-distrik woon. Die ander drie gevalle, ‘n 24-jarige vrou, ‘n 34-jarige man en ‘n 61-jarige vrou, woon in die Umsobomvu-munisipaliteitsdistrik.
Gevalle volgens distrik
Pixley ka Seme-distrik – 38
Namakwa-distrik – 4
ZF Mgcawu-distrik – 13
Frances Baard-distrik – 35
John Taolo Gaetsewe-distrik – 4
Onbekend – 1



