Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister deur dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, bekendgemaak.
Ná die laaste aankondiging op 4 Junie het die aantal gevalle met 2 642 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 43 434 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Die land se sterftesyfer staan op 908 en 23 088 persone is al van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 850 871 toetse vir Covid-19 doen.



