Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister deur dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, bekendgemaak.
Ná die laaste aankondiging op 3 Junie het die aantal gevalle met 3 267 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 40 792 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Die land se sterftesyfer staan op 848 en 21 311 persone is al van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 820 675 toetse vir Covid-19 doen.



