Brand by verlate gebou by Kimberley-treinstasie

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Daar was ’n brand op die gronde van die Kimberley-treinstasie tussen Gladstonelaan en Willisstraat in De Beers.

Volgens Ryno Griesel, logistieke offisier van die brandweerdienste in Kimberley, het hulle het vanoggend om 07:10 die oproep gekry oor die verlate gebou wat aan die brand is. “Ons het net na agtuur vanoggend die brand geblus en die gebied as veilig verklaar.”

Hy sê verder die oorsaak van die brand is nog onbekend. “Ons vermoed egter straatkinders gaan woon daarbinne en maak vuur om warm te bly en dís hoe die brand ontstaan het,” sê Griesel.