BLOEMFONTEIN – Vyf verdagtes is hiér in hegtenis geneem na hulle glo poskantore van groot bedrae geld beroof het.
Die vyf verdagtes, tussen 24 en 64 jaar oud is in hegtenis geneem ná twee onverwante gewapende rooftogte wat Woensdag in Selosesha net buite Thaba Nchu en in Elrich Park, Bloemfontein, plaasgevind het.
Ao. Lynda Steyn, polisiewoordvoerder, sê die twee verdagtes het glo die plaaslike poskantoor in Selosesha binnegegaan, die veiligheidswag in die gebou met ’n pistool gedreig en sy pistool gevat. “’n Tweede veiligheidswag wat buite die gebou geplaas is, het agterdogtig geraak en toe hy die perseel binnekom, is hy oorval en in ’n bestuurder se kantoor toegesluit nadat hy ook gedreig is om die toonbankdeur oop te maak.”
Die twee verdagtes het ’n aansienlike bedrag pensioengeld gevat en in ’n motor met geen registrasienommers, gevlug. Die plaaslike polisie is gewaarsku oor die roof en het daarin geslaag om die voertuig op Thaba Nchu op te spoor.
Die polisie het die twee verdagtes by ’n huis in hegtenis geneem is. Die polisie het op geld wat vermoedelik by die poskantoor gesteel is, twee pistole met lewendige ammunisie en die voertuig besleg gelê.
Aparte insident
Intussen is ’n verdagte wat glo in ’n onverwante voorval betrokke was, na ’n roof van ’n ander poskantoor in Elrich Park gisteroggend, in hegtenis geneem.
“Vyf gewapende verdagtes het glo werkers van die poskantoor gedreig en met ’n groot bedrag geld, in ’n swart stasiewa, gevlug. Die verdagtes se verlate voertuig is in Batho-omgewing gevind. Daar is op die voertuig, wat na bewering die naweek in Bloemspruit gekaap is en twee ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê.”
Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.
Lees meer by FiND iT hier.



