KIMBERLEY – Laerskool Staats in Kimberley doen alles in hulle vemoë om die leerlinge se veiligheid te verseker wanneer hulle op 8 Junie na die skole terugkeer.
Die skool het ‘n video gemaak waarin stappe verduidelik word wat elke leerling met sy aankoms by die skool ssal moet deurgaan.
Christo van Wyk, Laerskool Staats se skoolhoof, sê dié skool is in noue samewerking met die departement van basiese onderwys om te verseker die regte prosedures vind plaas.
“Ons skool is volledig toegerus soos voorgeskryf. Ouers en leerlinge word aangeraai om die stappe in die video goed te bestudeer en te leer ken,” sê Van Wyk.



