Pretoria. – Agt polisielede, ’n voormalige polisielid en ses privaat burgers is vir vermoedelike bedrog, korrupsie, diefstal en geldwassery in hegtenis geneem.
Die 15 verdagtes is op 4 Junie met lasbriewe in hegtenis geneem.
Die nasionale kommissaris van polisie, genl. Khehla John Sitole, het ’n spesiale taakspan teen korrupsie, onder leiding van brigadier Tony Perumal, op die been gebring na ernstige beskuldigings van korrupsie en verwante misdade wat dateer uit 2017.
Een van die verdagtes wat vermoedelik betrokke is, is nog nie in hegtenis geneem nie. Die name van die verdagtes is aan FiND iT bekend, maar sal eers in ’n latere stadium aan die publiek bekend gemaak word
Foto: Canva



