SPRINGBOK. – ’n Man (42) is hier in hegtenis geneem nadat hy nie kon verklaar waar hy R260 000 se kontant gekry het nie. Hy is deur die polisie in hegtenis geneem.
Brig. Mohale Ramatsheba, polisiewoordvoerder, sê die polisie was besig om voertuigpatrollies in Springbok se middestad uit te voer en het die man se voertuig deursoek. “Die verdagte is in besit van R260 000 kontant gevind en kon nie verduidelik hoe hy die geld gekry het nie. Die verdagte is van Rooiwaal.”
Die verdagte sal binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn, hangende verdere ondersoek.



