Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister deur dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, bekendgemaak.
Ná die laaste aankondiging op 2 Junie het die aantal gevalle met 1 713 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 37 525 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Die land se sterftesyfer staan op 792 en 19 682 persone is al van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 785 979 toetse vir Covid-19 doen.



