NOORD-KAAP. – Die Demokratiese Alliansie doen ‘n beroep op die Minister van Hoër Onderwys om studente te help, veral dié in landelike gebiede van die Noord-Kaap, wat weens tegniese foute met die stelsel nie toegang tot die nasionale toelae van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) het nie. Dit terwyl studente regoor die land voorberei om volgende week Woensdag, 10 Junie 2020, weer na kolleges terug te keer.
Kennisgewings ontvang
Delmaine Christians, LP: DA noord-kaapse lid van nasionale raad van provinsies, sê volgens studente is fondse nie beskikbaar nie, ten spyte daarvan dat hulle al verlede week NSFAS-kennisgewings ontvang het. Inteendeel, wys boodskappe (sien hier, hier en hier) dat terwyl geld beskikbaar is, is kontant nie beskikbaar nie, of dat slegs ‘n klein bedrag, soos R10, beskikbaar is. Daar is ook gevind dat sommige gebiede nie die nodige handelaars soos Shoprite en Checkers het nie. Studente kan dus nie toegang tot hul geld kry nie.
Studentetoelaes hanteer
Tydens ‘n gesamentlike vergadering van die portefeulje en die geselekteerde komitee op 11 Mei 2020, het die uitvoerende hoof van NSFAS, dr Carolissen, aan parlementslede gesê dat NSFAS sekere TVET-kolleges geïdentifiseer het wat na die NSFAS Wallet sisteem sou omskakel. Hierdie kolleges, wat die landelike TVET-kollege in die Noord-Kaap insluit, sou daarom nie meer die administrasie van studentetoelaes hanteer nie. Carolissen het destyds belowe dat daar met die gebruik van die nuwe sisteem, minder foute met die NSFAS-beursie-stelsel sou wees.
Ons is nou bekommerd dat dit nie die geval is nie.
Geen riglyne ontvang
Toe ek die TVET Kollege bel en vra of hulle bewus is van die probleme wat studente ondervind, het hulle erken dat hulle daarvan weet, maar dat hulle nie in staat was om hulle te help nie omdat hulle nie meer die proses administreer nie. Hulle het ook gesệ dat NSFAS hulle nie ten opsigte hiervan opgelei het nie of enige riglyne vir hulle gestuur het nie.
Dit is onaanvaarbaar.
Onlangse vooval
NSFAS ervaar al vir ‘n aantal jare ICT-verwante probleme wat hulle deurgaans versuim het om op te los. ‘n Voorbeeld hiervan was die onlangse voorval waarin NSFAS verkeerdelik R2 miljard aan die verkeerde studente uitbetaal het, wat hulle moontlik nooit sal kan verhaal nie.
Dit is hoog tyd dat stelsels geprioritiseer en gestroomlyn word, en dat personeel behoorlik opgelei word om foute te voorkom wat die opleiding van duisende leerders kan benadeel.
Sistemiese probleme
Die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, het ‘n onafhanklike ondersoek aangekondig oor die sistemiese probleme van die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) wat voorheen onluste op kampusse veroorsaak het. Ons doen ‘n beroep op hom om seker te maak dat die probleme wat ons studente ondervind dringend opgelos word.
Met slegs enkele dae voordat studente weer op kampus moet aanmeld, te midde van die reeds stresvolle koronavirus-pandemie, benodig hulle al die ondersteuning wat hulle kan kry om ‘n gladde en veilige oorgang terug na die leeromgewing te verseker.
*Geborgde inhoud



