Mzanzi Lemon Creams – Resep

Deel hierdie storie / Share this story

Wanneer die lewe vir jou suurlemoene gee, bak lemon creams.

Resep: Foodies of SA

Webtuiste / Facebook-blad

BESTANDDELE

Vir die koekies:

1½ k koekmeel

½ koppie White Star Instant Mieliepap (vanieljegeur)

½ t sout

½ k suiker

1 e gerasperde suurlemoenskil

Gele van twee groot eiers

1 t suurlemoensap

½ k melk

Vir die suurlemoenversiersel:

½ k (115 g) botter

¼ k versiersuiker

2 t suurlemoensap

METODE

Voorverhit die oond tot 180°C en plaas bakpapier onder in 2 bakplate. Meng die koekmeel, mieliepap en sout saam in ‘n groot bak en hou eenkant. Klop die botter, suiker en suurlemoenskil op ‘n medium-hoë vlak tot lig en donsig. Klits die eiergele en suurlemoensap by en skraap indien nodig die kante van die bak af. Verlaag die mengerspoed tot laag. Voeg die meelmengsel en melk geleidelik by en meng – maar wees versigtig om nie te veel te meng nie. Vorm die deeg in balletjies (ongeveer 1 eetlepel elk) en rangskik in rye op die bakplate, met ‘n goeie afstand van mekaar. Druk elkeen af ​​met ‘n vurk.

Wenk van die sjef: Maak jou hande nat voordat jy die deeg in balletjies rol en maak die vurk nat voordat jy die balletjies afdruk daarmee.

Bak die koekies vir 12-14 minute, of totdat hulle goudbruin aan die kante is, maar steeds sag in die middel. Laat die koekies vir 15 minute op die bakplaat afkoel. Plaas dit dan op ‘n draadkoelrakkie om heeltemal af te koel. Klop die botter met die suiker en suurlemoensap in ‘n klein bakkie met ‘n elektriese menger. Plaas twee koekies op mekaar met 1 eetlepel suurlemoenversiersel in die middel.

Herhaal met alle koekies en geniet dit met ‘n warm koppie tee!