Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is pas bekendgemaak
Ná die laaste aankondiging op 31 Mei het die aantal gevalle met 1 674 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 34 357 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Die land se sterftesyfer staan op 705 en 16 808 persone is al van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 742 742 toetse vir Covid-19 doen.



