Kleuterskole oop op 6 Julie

Deel hierdie storie / Share this story

Kleuterskole en kleiner skole sal nog minstens twee weke gesluit wees, het Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, Donderdag gesê.

Die departement van basiese onderwys het op 29 Mei in die staatskoerant aangekondig kleuterskole sal op 6 Julie heropen. Kleuters sal dus saam met sommige van die ander grade in die land se leerlinge dan eers terugkeer skool toe.