“As iemand verdrink, is dit Sol se skuld”

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Inwoners van Diamond Park in Kimberley het gister uit moedeloosheid besluit om self die dreine in dié gebied te oop te maak.

Die geblokte dreine is menigmaal by die Sol Plaatje-munisipaliteit aangemeld, maar niks is aan die situasie gedoen nie.

Ockie Fourie, DA-raadslid, sê hy is moeg daarvoor om dieselfde probleme aanhoudend by die munisipaliteit aan te meld.

“As daar nou iemand in daardie gat val en verdrink, dan gee ek vir Sol Plaatje-munisipaliteit die skuld!” sê Fourie moedeloos.