Het jou hond ’n lang snoet? Eris se snoet blyk glo die langste ter wêreld te wees.
Eris is ’n groot Neus borzoi, ’n honderas wat bekend is vir sy langer snoet. Dié tweejarige woef het egter ’n besondere lang neus.
Eris is in Julie 2018 deur sy eienaar, Lily Kambourian (27), in Richmond Virginia aangeneem.
Dit is nog nie geverifieer dat Eris se neus die langste ter wêreld is nie, maar hy en Lily word gereeld op straat voorgekeur omdat hy so ’n unieke voorkoms het.




