SUID-AFRIKA. – Met die meeste lande se werkers wat met die aanvang van die Covid-19 pandemie geforseer was om ingeperk te word of selfs tuis te werk, wil dit nou voorkom asof dit dalk die norm kan word indien jy na die die peiling van die navorsingsmaatskappy Gartner kyk.
Gartner het verlede week resultate openbaar gemaak van ’n peiling wat deur senior bestuurders ingevul is. Blykbaar het 74% van die bestuurders wat aan die peiling deelgeneem het gesê 5% van hulle werkers behoort na die Covid-19 krisis tuis aan te bly om hulle werk te verrig.
Sosiale afstand te bevorder
Die Amerikaanse regering het aangedring op die peiling om te sien of dit enigsins lewensvatbaar sou wees, juis om die epidemie hok te slaan en sosiale afstand tot so ’n mate te bevorder. Dit geld natuurlik slegs vir nie-essensiële dienste.
Peiling
Na aanleiding van Gartener se peiling sal ongeveer 25% besighede toelaat dat 10% van hulle werknemers van die huis af werk. 17% verwag dat 20% van die huis af kan werk en 4% sê dat 50% van die personeel wel van die huis af sal kan werk en meer as 50% werkgewers vermoed dat meer as 50% voltyds van die huis af kan werk nadat die pandemie verby is.
Kan kostes bespaar
Die meeste bestuurders voel dat hierdie nie slegs ’n manier is om die pandemie te stop nie, maar ook om kostes te bespaar, dit volgens Alexander Bant, visepresident van navorsing by Gartener.
Kan woning kantoor maak
Bant se verder in sy verklaring aangesien inkomste reeds onder druk is, sal senior bestuurders dit maklik vind om werknemers toe te laat om van die huis af te werk. Volgens die peiling sal meer as 20% werknemers hulle permanente wonings ook hulle kantore maak.
Oor telefoon kommunikeer
Gartner beweer die trant van “werk van jou huis” gaan ’n werklikheid word en sal beslis voortduur lank nadat die epidemie hokgeslaan is. Poste waarin werknemers meestal telefonies met hulle kliënte kan korrespondeer en nie noodwendig van aangesig tot aangesig hoef te kommunikeer nie, sal die besluit vir baie werkgewers vergemaklik.
Alhoewel hierdie ’n baie oulike idee behoort te wees, is dit natuurlik nie vir almal beskore nie. So sê Mike McLaughlin, uitvoerende informasiehoof en visiepresident van Technologent.
Meeste maatskappye sal steeds voel dat daar meer beheer en kontrole oor ’n werkspan behoort te wees wanneer werknemers fisies aanmeld vir werk. Die grootste dryfveer behoort koste en behoeftebepaling te wees. Die hoeveelheid wat jy insit teenoor dit wat jy uitkry, behoort hier ’n groter rol te speel, beweer McLaughlin.
Produksie neem af by Yahoo
Terwyl sommige maatskappy reeds voor die uitbreek van die epidemie die roete gevolg het, was die uitkoms nie dit wat hulle verwag het nie. Yahoo het die brawe roete probeer volg en produksie het so drasties afgeneem dat hulle van die plan moes afsien.
Die ander uitdaging wat so ‘n besluit bring, is om jou werkspasie tot so ’n mate in te rig dat jou produksie nie daardeur beïnvloed word nie. Selfs die tegnologiese aspek van ’n goeie rekenaar, drukker en netwerk behoort ’n rol te speel, meen McLaughlin.
Die besluite wat ons werkswyse drasties kan verander, is nog in die beginstadium en net die tyd sal leer of dit wel ’n werklikheid kan word. Hoe langer mense van die huis af werk en hoe langer die inperking ’n rol speel, hoe langer sal die veranderinge van ons werkswyses hierdeur geraak word, sê Ryan Lakin, president van die IronEdge Groep, wat in Houston gestasioneer is.
Lees nog artikels van FiND iT hier.



