Wat die president gesê het oor skole en vervoer

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa het gister in sy toespraak aan die nasie gesê die land skuif op 1 Junie van vlak vier na vlak drie van inperking.

Volgens die president is een van die grootste uitdagings van die land, die moontlikheid vir die virus om te versprei wanneer meeste mense nou weer met openbare vervoer terugkeer werk toe.

Voertuie moet gereeld ontsmet word en persone moet te alle tye maskers dra. Hande moet gereeld gewas word en pasassiers moet ’n veilige afstand van mekaar handhaaf.

Hy het ook gesê die land se nasionale grense bly gesluit.

Wat skole betref, het Ramaphosa gesê die welstand en gesondheid van leerlinge bly prioriteit.

Op 1 Junie sal graad 7 en graad 12-klasse hervat word en daar sal aan die skoolkalender verander word om die kurrikulum te verklein.

Ramaphosa het ook gesê geen ouer sal gedwing word om sy kind skool toe te stuur as hulle bekommerd is oor die kind se veiligheid nie.