Is level 3 virrie hele country minus die hotspots

Dis nou mar my selwers se mening ma n dronk mens like rondloop, en jy moet permy die karsleutelse wegsteek vir so soorte mens. Hulle wil dai tyd net social wees, bo-uit kraai lag, kuier en voetjiese hang.

Woensdag sallie NCC dis nourie vet katte mittie diksterte wattie besluite maak, hulle se punte gee hoeko issie drank nou beskikbaar marrie entjies bly onnerie onwettaghede.

Dis nou mar my selwers se mening ma n dronk mens like rondloop, en jy moet permy die karsleutelse wegsteek vir so soorte mens. Hulle wil dai tyd net social wees, bo-uit kraai lag, kuier en voetjiese hang. Mitte roker het djy nie dai klas moeligeite nie. Die ghwaaise en dus nourie hele se twak en tabak verkope bly nog altyd oppie ban coz why when people ZOL is nog va krag. Onse auntie se die klas goete werk mos nou kammekastig op djouse longe. Innie meantime lopie onwettage ghwaaise mittie giftage goete in per voet op R20 per longvol. Ek glo selwers is djouse besluit en djouse eie longe, want djys niemand se tjent mossie, ma djouse auntie het gebasluit finish en klaar! So laat ek my selwers bepaal.

  1. Die skool📚🖍️📝 gaan aan 1 Junie virrie kinnerse en more se Maandag virrie onniese en gn ouer hoef sy kjend te stuur assie skool nie afgespuit en afgewas issie. Assit veilig is en djouse hart is houtgrus, stuur hom is djouse besluit.
    2.Vannie grootkinnerse oppie kolleges ka net n derde trugga kampus toe die res leer orrie kumpoeiterse.
  2. Die mense mittie kroniese siektes, die oues van dae en dies mit suiker, TB, strikkie griep ennie anne groot siektes, moet seblief inhuisig vertoewe, selfs hulles wat virrie goewerment werk en allie onniese bo 60jaar ook.
  3. Alle kommersiele konstruksie⛏️🔨 mag op vlak 3 hervat worre ma NIE residensiele huisbouery nie kerels🧱.
  4. Dies nou die een wat ekkie verstanie ma daas steeds geen KERK⛪so prys byrie huis🙌 ai dis ‘n roepstem dierbares,djulle wis goed eks daai high society apestoelie. My voete jeuk virre koordans.
    6.Ook geen sport⚽, geen feeste, geen openbare byeenkomste. Geen rugby kerels.
  5. REIS🚕🚗: Is nogsteeds Jan Tuisbly se karretjie vir djou. Geen oor en weer geritsery orie provinsiale grense nie. Bly in djou nes da bly djy ongekwes! Net vir begrafnisse⚰️ of vir werk mag jy met ‘n permit oorie grense lope voetjies hang.
  6. Ek seg weer’ n maal oor lat djy nou dubbeld ka hoor. Die entjies ennie ghwai🚬 is koop en verkoop bly onwettag. Djulle se auntie het ongelukkag ha se voet neergesit en gabesluit NEE niks twak en tabak vi gn niemand.
  7. Die aandklok is nou gelig so jy hoefie mee in jouse kaia🏡🏘️ te bly saans van 8uur🕔 tot more oggend 5 uurie djy ka nou wee uitskiet vi punte snags mit n rede.
  8. Nou kan djy weer oefen ok sonner perke of brieke🏃‍♀️⛹️‍♀️🏋️‍♂️🤸‍♀️enige uur vannie dag. Want issie djy nie is djou Body💪!!! En oe jitte lockdown latte mens dam eet🐷
  9. Klerasie👗👖djy kan nou weer alles koop wat jouse hart begeer. Skoene, 👠👟klere, ysterware🔪🥄, huishoudelike toestelle 📺de lot!
  10. 🍾🥂🍻🥃🍸Die ban oppie drank is nou gelig. Neem kennis:
    Moetie annie borrelse loop sta vattie👋. Ek weet jyt djou byna vrek gesta verlang, ma kyk net. Wees in dai vroee stage van verlief. Kykie djy spog net mettie oe👀 daai tyd, ma jy vat niks👙. Ekt my kinners va kleins af geleer in Crazy Store: net kyk, nie vattie! Hul ken dai rympie in elke winkel vedag. Buig die boompie🌳 terwyl hy jonk is, en sittie reelse mooi uiteen📜 vorie drankdeure oopgan.

Hies haai ding nou wat ek eergister gepratit vannie beperkte hoeveelhede. Dit werk net soes limited edition goete. Djy sallie ka sta koop soevil as wat jouse hart❤️ begerie. My ma het altoos gese jouse oe👀 is alweer groterder as jouse maag! Dis nou nuwe testamenties vir jys plein uitgevriet🐖🐷🐽!

So da sal ‘n limit wees op hoevel drank djy ka koep. Is vi djou eie beswil ok ma dink ekke. Som va os like mos skoon oorboord gan. Wil nou pap skep terwylit reent☔. Nei, kerels los dai gedagtes byrie huis. Hou vi djou heel ordentlik as djy da instap. Hie binne klop jou hart ienlik tjoklits🍫 en jouse oge wil styfskop byrie koelstoor kas se glasdeur, ma djy speelit netso cool😎.
Onthou die ongeskrewe reel is: Jy mag net genoeg koop vi stirvy-dronk wees. Ken djulle stirvy? Net so liggies se die jongmense. So os doenit net liggies🥂. Anners is die goed more uitstock uit soes toiletpaper🧻🚽 vorie lockdown. Os gattie lope paniek kopie! Net onselwers bless virrie stress.

Hulle wil okkie he djy moet nou ameka deurie deure ko sta lopie, so bepaal vi djou. Daars genoeg legit drank beskikbaar ommie onwettige brousel 🍍verkope te hakkepootjie. Virrie Kapenaars hakkepootjie is nou Noordkaaps vir trip of ‘n hoptail gee. Djy stiek djou been uit solat iemand annerste sy bek ka stukkend val.

Fluit fluit my storie is uit🎺. Daais my lawaai so koebaai. En onthou die drank is’ n lawaai maker! Ja ek wiet djy skel my nou is fokkol is festive!

Kwaailappies tot wederom👍

Die Afrikaanse weergawe van wat die president gisteraand gesê het, is deur Gizella Opperman (39), DA nasionale parlementslid vir die Hantam- en Karoo Hooglandstreek, geskryf. Lees meer oor Opperman hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: