Probeer gerus hierdie heerlike ‘anderster’ resep vir ‘n romerige, pienkerige poeding.
Bestanddele:
250 ml room
500 ml aarbeijogurt
1 pakkie aarbeijellie
397 g kondensmelk
250 g maaskaas
1 pakkie aarbeikitspoeding
1 pakkie tennisbeskuitjies
botter
1 eetlepel vlapoeier
1 koppie warm water
Metode:
Klits die room styf en voeg die kondensmelk, jogurt en maaskaas
by. Voeg dan die droë poeier van die kitspoeding by. Meng goed.
Verkrummel tennisbeskuitjies en voeg botter by. Maak ‘n kors deur dit onder in ‘n bak was te druk. Skep die roommengsel mengsel bo-op.
Wanneer die tert gestol het, maak die jellie aan met ‘n koppie warm water. Voeg die vlapoeier by die jellie. Mikrogolf dit tot die vlamengsel gaar is. Laat dit effe afkoel en maak dit gelyk oor die gestolde tert.
Resep: Trudy Erasmus Pienaar



