Baie onderwysers verlang deesdae na die leerlinge in hulle klas. Juffrou Ingeborg Meinster-Van der Duin verlang bietjie meer as ander…
Die laerskool waar die juffrou klasgee, Dr H. Bavinck in Haarlem, Nederland, het soos meeste skole regoor die wêreld gesluit weens die Covid-19 pandemie.
Dié juffrou het op Pinterest ‘n patroon raakgesien om poppies te brei en het besluit om ‘n poppie wat presies soos elkeen van haar leerlinge lyk, te brei. Die 23 poppies sluit details soos brille, truie en haarstyle van al haar leerlinge in.
“Ek mis hulle vreeslik,” het juffrou Ingeborg aan NH Nieuws gesê.




