KIMBERLEY – Verkeersboetes is enkele dae gelede uitgereik aan twee motoriste wat sonder ‘n bestuurslisensie gery het, ‘n ander het ‘n boete ontvang vir die oortreding van die Wet op Rampbestuur.
Die plaaslike polisie het op 18 en 19 Mei ‘n kontrolepunt op die N12 beman.
Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisie-woordvoerder, is voertuie deursoek wat die stad binnegekom en verlaat het. Die polisie het ook enjins en onderstel-nommers nagegaan, asook die nodige permitte vir die nakoming van die Wet op Rampbestuur gekontroleer.



