Covid-19: Gevalle styg met 1 134, nog 30 sterftes

Deel hierdie storie / Share this story

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het pas die nuutste koronasyfers in ‘n regstreekse inligtingsessie bekendgemaak.

Die aantal positiewe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika is 19 137. Daar is volgens die minister 369 sterftes aangemeld.

Daar is tot op hede 525 433 toetse vir die virus gedoen en 8 950 persone is van die virus genees.

Gevalle volgens provinsie

Oos-Kaap: 2 324

Vrystaat: 184

Gauteng: 2 453

KwaZulu-Natal: 1 693

Limpopo: 121

Mpumalanga: 95

Noord-Wes: 77

Noord-Kaap: 37

Wes-Kaap: 12 153