PRETORIA – Twee verdagtes, onderskeidelik 43 en 54 jaar oud, verskyn na verwagting môre in die landdroshof in Kaapstad op aanklagte wat verband hou met onwettige perlemoen-verwerking in Milnerton.
Die twee is in hegtenis geneem op Dinsdag, 18 Mei. Dit het gevolg op speurwerk deur die Valke se ondersoek-eenheid na ernstige misdade, Misdaad-intelligensie en ‘n honde-eenheid.
Die span het op meer as 1 000 gedroogde perlemoene met ‘n geraamde waarde van R1.4-miljoen op ‘n perseel in Algoastraat beslag gelê. Hulle het ook toerusting en twee voertuie gekonfiskeer.
Die beskuldigdes staan tereg op aanklag van die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne.



