Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is pas bekendgemaak.
Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 767 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 17 200 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Die land se sterftesyfer staan op 312 en 7 960 persone is al van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 488 609 toetse vir Covid-19 doen.




