Gamiem Abrahams, woordvoerder vir maatskaplike ontwikkeling in die Noord-Kaap, sê die laaste kospakkies in die Frances Baard-distrik word vandag in Magareng uitgedeel.
Hy sê die verspreiding van kospakkies in dié distrik is afgehandel.
Die hoeveelheid kospakkies wat in die Frances Baard-distrik uitgedeel is, word later vandag bekendgemaak.



