Noord-Kaap skole heropen toe nie

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Al die bestuurspanne van die ongeveer 580 skole in die Noord-kaap het toe nie soos verwag word vandag geopen nie. 

Die departement van onderwys in die Noord-Kaap het op 15 Mei in ‘n omsendbrief aan skole gesê alle skole is nie ontsmet nie en voldoen nie aan die veiligheidsmaatreëls soos voorgeskryf nie.

Reeds bevestiging

Henk Brand, provinsiale sekretaris van die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU), sê alhoewel daar reeds bevestiging is oor die terugkeer van gr. 12 en gr. 7 leerders teen 1 Junie is dit nou onbekend wanneer die bestuurspanne van die betrokke skole sal terugkeer ter voorbereiding.

Wees gereed

Die SAOU het aan ’n skrywe vir sy lede gevra dat alle onderwysers op ’n gereedheidsgrondslag is om terug te keer sodra skole gesaniteer en veilig gemaak is.

Skoonmaakmiddels

Dit wil voorkom asof die diensverskaffers waarvan die departement van onderwys gebruik maak verskil oor die proses wat aangewend word en skoonmaakmiddels wat gebruik moet word. Die probleem volgens ’n nuusbrief van SAOU aan sy lede is die beskikbaarheid van middels die grootste uitdaging blyk te wees.

Ten spyte van die feit dat meeste skole reeds vandag moes begin met voorbereiding vir die uitdagende pad wat die onderwys gaan bied het bitter min skole voorraad ontvang om skole mee te beveilig.