Regeringsinmenging met klere-aankope is onaanvaarbaar

Deel hierdie storie / Share this story

DIE minister  van handel, nywerheid en mededinging, mnr. Ebrahim Patel, misbruik die magte aan hom toegeken tydens die inperkingstyd om sosialistiese maatreëls in die Suid-Afrikaanse handel af te dwing.

Nuwe regulasies

Die minister se nuwe regulasies wat Dinsdagaand in die staatskoerant aangekondig is, skryf in detail voor watter wintersklere en wintersware handelaars mag verkoop. Hierdie selektiewe maatreëls kom neer op mikrobestuur met onafwendbare skade aan die reeds steierende ekonomie.

VF Plus sal nie

Die VF Plus sal nie dié aangeleentheid hier laat nie en oorweeg toepaslike stappe. Regulasies in gevolge die Nasionale Rampbestuurswet moet ter doel wees om die ramptoestand aan te spreek en dus in hierdie geval die verspreiding van die virus te bekamp.

Regulasies van die departement

Die regulasies van die departement van handel en nywerheid is egter nie in lyn met hierdie doelwit nie en daarom irrasioneel. Alle besighede moet toegelaat word om handel te dryf met gesondheids- en veiligheidsmaatreëls in plek om die verspreiding van die virus te bekamp.