Ewie Cronjé, pa van wyle Hansie Cronjé en die voormalige president van die Vrystaatse Krieketunie, is Maandagmiddag oorlede. Ewie Cronjé se seun, Frans, het die nuus bevestig.
Frans het op sosiale media ‘n inskrywing geplaas wat sê dat sy pa om 14:05 gesterf het. Hy sê ook sy pa is in vrede oorlede en die familie is dankbaar vir die vol lewe wat hy kon leef en die wonderlike pa wat hy vir sy kinders was. Hy bedank ook almal vir hulle ondersteuning en liefde in die afgelope paar maande.
“Oom Ewie,” soos hy vir meeste bekend was, het in 1957 aan Grey College gematrikuleer.
Die familie het besluit om nie dadelik ‘n begrafnis te hou nie, maar sê die familie en vriende sal van enige toekomstige reëlings ingelig word.



