British American Tobacco het aangekondig dat hulle die hofsaak teen die regering om die sigaretverbod tydens inperking in Suid-Afrika te verlig, laat vaar.
President Ramaphosa het aanvanklik aangekondig die handel in sigarette sal wel in fase vier van inperking toegelaat word. Dr. Nkoazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, het later egter bekendgemaak dat sigarethandel steeds nie toegelaat sal word nie.
Fair Trade Independent Tobacco Association het met regsstappe teen die regering voortgegaan. Sinenhlanhla Mnguni, voorsitter vir FITA, sê tabakfabrieke mag nou tydens fase vier tabakprodukte vervaardig en uitvoer.
Die koop en verkoop van sigarette word egter steeds nie in Suid-Afrika toegelaat nie.




