Die koronasyfer in Suid-Afrika het na die laaste aankondiging met 637 gestyg, sê dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, op 11 Mei. Daar is nou 10 652 bevestigde gevalle van Covid-19 in SA.
Die sterftesyfer staan op 206 en volgens die minister van gesondheid is 4 357 persone al van die virus genees.
Daar is tot dusver 356 067 toetse vir dié virus gedoen.



