Van nou tot 7 Junie 2020 sal Suid-Afrikaners toegelaat word om te verhuis.
As jy ‘n huis gekoop het voor of tydens die inperkingsperiode en die oordrag afgehandel is, sal jy nou toegelaat word om te verhuis. Jou meubels en ander besittings mag ook vervoer word.
Verhuising word binne en tussen provinsiale, metropool- of distriksgrense toegelaat.
Die verskuiwing na nuwe wonings word van nou tot 7 Junie eenmalig toegelaat.
Vereistes:
Verkry ‘n permit om oor provinsiale, metropoool- of distriksgrense te reis vanaf die stasiebevelvoerder van ‘n polisiestasie of ‘n persoon wat deur hom of haar aangewys is. Laai die vorm hier af:
Dui die persone in die huishouding aan wat deel uitmaak van die verhuising.
Die betrokke huurooreenkoms, wat die datum waarop die ou huurkontrak verstryk het, die datum waarop die nuwe huurkontrak begin, die oordragdokumente wat getuig van die verandering in die woonplek of die verandering van eiendomsreg in eiendom, bevat.



