Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister 7 Mei deur dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, bekendgemaak.
Daar is nou ’n totaal van 8 232 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika. Daar is nog sterftes aangemeld, wat die sterftesyfer tot op 161 laat styg.
Atesaam 3 153 persone is al van dié virus genees.
Die minister sê verder die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 292 153 toetse vir Covid-19 doen.




