August 4, 2021

Raad met jou maat – Estelle antwoord

Hier is jou kans om ’n anonieme vraag oor jou verhouding te vra. Stuur jou anonieme vraag na [email protected]

Anonieme lesersvraag: Hoe weet ek hy is lief vir my?

Anoniem, jy gee nie baie inligting in verband met of jy getroud, verloof of net in ’n verhouding is nie. Alhoewel dit maklik is om vir iemand te sê jy is lief vir hom, het dit vir sommige mense meer betekenis as vir ander. Onthou net altyd, mense wys liefde op verskillende maniere en wat vir jou ’n bewys van liefde is, is nie noodwendig vir die volgende persoon nie.

Ek sal sê die beste manier om te bepaal of ’n maat werklik lief is vir jou, is om jouself die volgende vrae te vra:

  • Luister hy na my wanneer ek praat? Nie net oor hoe my dag was nie, maar wanneer ek hartseer is of iets van my hart af moet kry?
  • Is hy eerlik met my?
  • Respekteer hy my?
  • Neem hy my gevoelens in ag?
  • Is hy daar vir my in moeilike tye en nie net wanneer dit goed gaan nie?
  • Is hy gewillig om deur probleme te werk?

Ongelukkig is jou maat die enigste een wat vir seker sal weet of hy lief is vir jou, maar wanneer die antwoorde op die vrae hierbo nie ja is nie, moet jy jouself vra of só ’n verhouding die moeite werd is. Almal verdien om gerespekteer te word deur iemand wat hulle gevoelens in ag neem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *