Covid-19: Nuutste syfers, 2 Mei

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is pas bekendgemaak.

Daar is nou ’n totaal van 6 336 Covid-19-gevalle in die land. Daar is dus ná die laaste aankondiging 385 nuwe gevalle bevestig. Die Noord-Kaap se koronasyfer staan op 23.

Daar is volgens die minister tot dusver 123 sterftes aangemeld en altesaam 2 549 persone is van die virus genees.

Die minister sê verder die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 230 686 toetse vir Covid-19 doen.