August 5, 2021

Gesigskerms vervang nie maskers nie

NOORD-KAAP – Die gesondheidsdepartement in die provinsie wil almal daaraan herinner dat gesigskerms nie as ’n vervanging vir maskers vanaf 1 Mei gebruik mag word nie.

Die departement het dit in ’n aankondiging op hulle Facebook-blad gemaak. Die volg nadat die departement ’n toename in die bemarking van gesigskerms in die provinsie opgemerk het.

“Die doel van die masker is om te voorkom dat ’n draer virale deeltjies in spoegdruppels versprei. Die doel van die gesigskerm is om die draer teen spatsels te beskerm. Dit doen niks om te voorkom dat die draer ander besmet nie. Daarom voldoen dit nie aan die vereistes van ’n gesigmasker nie. As jy besluit om ’n gesigskerm te dra moet jy ook ’n masker dra,” maan die department.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *